CommunityNews

Vyf jaar vir parkrun Parys

Vyf jaar en 266 parkruns verder. Dit is wat vanoggend in Parys gevier is toe stappers en drawwers oudergewoonte op ‘n Saterdagoggend weer om 08:00 by die Mimosa Tuine in Parys weggespring het. Die mooi van die natuurskoon op die roete wat deelnemers al langs die Vaal se oewer neem, het al menige deelnemers van …

Vyf jaar en 266 parkruns verder.

Dit is wat vanoggend in Parys gevier is toe stappers en drawwers oudergewoonte op ‘n Saterdagoggend weer om 08:00 by die Mimosa Tuine in Parys weggespring het.

Die mooi van die natuurskoon op die roete wat deelnemers al langs die Vaal se oewer neem, het al menige deelnemers van oraloor gelok. Getrou elke Saterdag is vrywilligers op hul pos om te help om die parkrun aan te bied, en vooraf is dit ook hierdie deelnemers wat seker maak dat die roete skoon en voorberei is.

Baie rekords is al opgestel, baie kilometers afgelê en dié wat deelneem sal jou vertel – Saterdae is nie Saterdae sonder ‘n vroegoggend parkrun in Parys nie.

Wat meer is – in die vyf jaar kon die parkrun net een maal nie  aangebied word nie weens swaar reën.

Knap gedaan aan elkeen wat deel is van hierdie inisiatief.

Related Articles

Back to top button