NewsNews

Bly jy of ry jy?

Geweld, die ekonomie, misdaad, korrupsie, werkloosheid… Noem maar op. Baie Suid-Afrikaners het hoop vir die land verloor en is negatief oor wat die toekoms vir Suid-Afrika inhou.  Sommige pak die tasse om ‘n heenkome elders te gaan soek. Maar in ‘n poging om Suid-Afrikaners weer positief ingestel te kry oor die land is die #I …

Geweld, die ekonomie, misdaad, korrupsie, werkloosheid…

Noem maar op. Baie Suid-Afrikaners het hoop vir die land verloor en is negatief oor wat die toekoms vir Suid-Afrika inhou.  Sommige pak die tasse om ‘n heenkome elders te gaan soek.

Maar in ‘n poging om Suid-Afrikaners weer positief ingestel te kry oor die land is die #I am staying veldtog in die lewe geroep en het die veldtog reeds merkbare steun landwyd.

Sedert ‘n plakkaat ter ondersteuning van die #I am staying veldtog 3 weke gelede ook opgesit is by The Garden in Middelstraat, Parys, vertel eienaar Venezia Maclons dat hierdie beslis ‘n gewilde “selfie spot” geword het. Mense van oral kom neem hier fotos.

Sy sê sy glo self daaraan om haar met die positiewe te omring. “Dit gaan moeilik met almal, maar ek soek redes om positief te bly”.

Gesels saam en deel met ons die redes waarom jy positief is oor Suid-Afrika.

Related Articles

Back to top button