NewsNews

Taxi skiet glo op motoris op R59

Taxi skiet glo op motoris op R59

VANDERBIJLPARK. – ‘n Padwoede voorval tussen ‘n motoris en ‘n taxibestuurder op die R59 naby die Vaal Universiteit van Tegnologie (VUT) het laat vanmiddag glo tot ‘n skietvoorval gelei.

Volgens Marco Miguel Jardim se inskrywing op Vaal Traffic Netwerk se Facebookblad het die voorval op die R59 tussen Pick ‘n Pay en VUT plaasgevind. Hy was in die linkerbaan en het binne die spoedgrens gery, waarna ‘n taxibestuurder hom glo bloediglik vererg het, omdat Jardim geweier het om vinniger te ry.

Die Taxibestuurder het aanstootlike hangebare vir Jardim gewys. Toe Jardim vir hom ‘n handgebaar terugwys, het die taxibestuurder glo ‘n vuurwapen op hom gerig en ‘n skoot afgetrek, wat sy ligbruin Kia Sorento in die kattebak getref het. Jardim is opsoek na ooggetuies. Hy het ‘n saak by die polisie aanhangig gemaak, maar het ongelukkig nie die taxi se registrasienommer gesien nie.

Die koeëlgat in ‘n motoris se Kia na ‘n padwoedevoorval op die R59.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button