NewsNews

Martie was ’n deel van Vredefort se geskiedenis

Martie was ’n deel van Vredefort se geskiedenis

’n Legende in Vredefort, die 90-jarige Martie Mouton, is Sondag, 3 November in die vroeë oggendure oorlede.
Jarelange inwoners van Vredefort sal dalk nog die dorp se Telegraaf-kantoor en sentrale onthou. Martie het destyds in dié kantoor gewerk toe sy nog ’n nooi Truter was en sy as jongmeisie saam met haar ouers van Koppies na Vredefort verhuis het.
Sy en haar man Morris, het Collins Engineering, bedryf.
Hy het onder meer die Knecht voerkerwes in Vredefort gebou, skryf Johannes Maree in sy boek, “Toeka se Dae in Vredefort”.
Martie het nooit weggeskram van harde werk nie, en het op die Meintjies-plaas self trekker bestuur, geploeg en geplant. Sy was baie vaardig met haar hande en het graag gekook en naaldwerk gedoen.
So het sy al haar klere self gemaak en tot en met haar dood nog gehekel.
Sy was geseënd met baie goeie gesondheid, en was die Hanlu-woonstelle in Parys die laaste vier jaar haar tuiste. ‘n Roudiens word Saterdag om 13:00 vanuit die Sewende Dag Adventiste Kerk in Parys gehou. Martie word oorleef deur haar twee dogters, ‘n seun, haar kleinkinders en agterkleinkinders, asook ‘n broer en suster.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button