News

Grondonteiening – VLU SA gereed vir hofstryd

Grondonteiening – VLU SA gereed vir hofstryd

So sê die president van TLU SA, Louis Meintjes.

VLU SA het Woensdag, 6 November samesprekings met die parlement se ad hoc komitee gehou wat voorstelle moet indien oor die wyse waarop Art.25 (onteiening sonder vergoeding) van die grondwet aangepas moet word. Dié komitee moet teen Maart volgende jaar voorstelle aan die parlement voorlê.

“Dit is duidelik dat die komitee se fokus uitsluitlik op die wyse waarop die wet gewysig moet word is en nie wat die gevolge van die wysigings sal wees nie. Belanghebbende rolspelers wat landbouers verteenwoordig se insette is as irrelevant afgemaak”, sê Meintjes.

Volgens hom is dit uiters kommerwekkend dat aspekte soos die gevolge op die ekonomie, beleggingsekerheid, graderings deur kredietagentskappe en die heel belangrikste, voedselsekerheid vir die komitee geen gewig dra nie. Hy sê verder “Die enigste saak van belang is dat grond onteien moet word ten spyte van meervuldige voorbeelde van hoe dit as gevolg van korrupsie, onkunde en gierigheid misluk het. Dit is nie tot die voordeel van Suid-Afrika nie.”

Volgens Meintjes word die wysigingsproses gestoomroller. Die komitee stel voor dat ‘n konsepwet teen 27 November 2019 klaar geskryf moet wees waarna dit middel Desember en begin Januarie 2020 vir vier weke vir openbare kommentaar beskikbaar sal wees. In Februarie vind die openbare verhore plaas en op 20 Maart sal dit finaal by die komitee draai voordat dit op 31 Maart aan die parlement voorgelê gaan word.

“Ons doen ‘n beroep op Suid-Afrikaners wat besorg is oor die beskerming van landbou, voedselsekerheid en eiendomsreg om TLU SA se Eiendomsregsfonds vir die komende hosake te ondersteun en te versterk”, sê Meintjes.

Bydraes tot die Eiendomsregsfonds kan in die volgende rekening gemaak word:

TLU SA
ABSA rekening 405 040 0686
Elektroniese bankkode: 632 005
Deposito’s takkode: 334 445

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button