News

IDP vergadering alweer uitgestel

Weer uitgestel

Die IDP (Integrated Development Programme) vergadering vir wyk 12 wat vanmiddag, Woensdag 6 November om 16:30 in die AME kerksaal gehou sou word is weer eens uitgestel.
Dit nadat die vergadering wat verlede week in die kerksaal gehou sou word weens te kort kennisgewing ook uitgestel moes word.
So ook die vergadering wat verlede Woenadag in die stadsaal gehou moes word wat ook nie kon plaasvind oor die stadsaal nie eens oopgesluit was of voorberei was vir die vergadering nie
Dit terwyl die vergaderings juis belangrik is vir elke inwoner om by te woon omdat dit hier is waar spesifieke behoeftes en kritieke prioriteite in ‘n wyk bespreek moet word met die oog daarop om aangespreek te word in ‘n munisipale begroting.
Vraag is hoe nou as dit die erns is wat gemaak word met die vergaderings waar reeds gesukkel word met bywoningsgetalle?

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button