Daar is goeie nuus!
Die bloeding aan die teenoorgestelde kant van haar skedelfraktuur is stadig besig om op te klaar, maar daar lĂȘ nog ‘n lang pad na herstel voor vir Gerda Meyer nadat sy Sondag met haar fiets op die h/v Schilbach- en Conroystrate, geval het.
Gerda is sedert die ongeluk in ‘n medies geinduseerde koma gehou maar sal na verwagting nou stadig bygebring word. Sy sal egter nog ‘n geruime tyd in die intensiewe sorgeenheid van die Millpark-hospitaal se trauma-eenheid wees.
Daar sal ook na verwagting more, Woensdag 6 November geopereer word om haar skouerfraktuur te heg.
Dankie aan elkeen wat bid vir haar en vir al die ondersteuning sedert die ongeluk Sondag.