NewsNews

Twee NWU-studente sterf in gru-ongeluk

Twee studente aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus, is Saterdagmiddag (2 November) in ʼn tragiese ongeluk op die R54 tussen Potchefstroom en Vereeniging, dood.

Twee studente aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus, is Saterdagmiddag (2 November) in ʼn tragiese ongeluk op die R54 tussen Potchefstroom en Vereeniging, dood.

Luister: Louis Jacobs sê dit was ʼn baie tragiese afgelope drie weke vir die NWU.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het paramedici omstreeks 16:30 op die toneel gekom, waar ʼn bakkie en ʼn ligte voertuig in ʼn kop-aan-kop botsing betrokke was.

“Twee insittendes van die ligte voertuig het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. ʼn Jong man en vrou, het geen tekens van lewe getoon nie. Daar was ongelukkig niks wat ons vir hulle kon doen ni” het Meiring in ‘n verklaring gesê.

ʼn 59-jarige man is in ʼn kritieke toestand in die Potchefstroom Provinsiale Hospitaal opgeneem, nadat hy vasgevang deur paramedici in die bakkie aangetref was.

Die twee oorledenes, Anzel Botha (19), was ʼn inwoner van Minjonet Dameskoshuis, en Tobie Louw (21), ‘n inwoner van Ratau Lebone Manskoshuis. Hulle was soos verneem onderweg na kampus, toe hul reis op so ʼn grusame wyse tot ʼn einde gekom het.

Intussen het die universiteit hul medelye aan die twee studente se familie en die NWU-studentegemeenskap betuig.

Louis Jacobs, woordvoerdervan die universiteit, sê dat dit vir die universiteit baie moeilik is om hul studente op so tragiese wyse aan die dood af te staan.

“Ons harte en gebede gaan uit na hul families, vriende en die koshuise waarin hulle woonagtig was,” het Jacobs gesê.

Die NWU is in die afgelope drie weke erg geruk deur tragiese sterftes. Die Potchefstroom Herald het onlangs berig dat ʼn 23-jarige Aptekerswese-student, op Saterdag 26 Oktober tragies dood geskok het.

https://potchefstroomherald.co.za/66762/puk-student-doodgeskok/

 

Kort voor hierdie voorval is die liggaam van ʼn dosent, deur ʼn lid van die universiteit se beskermingsdienste in ʼn gat op kampus gevind. Die 48-jarige Rudi van de Venter, het vermoedelik kop-eerste in die gat beland, en is op die toneel dood verklaar.

https://potchefstroomherald.co.za/66422/nwu-dosent-dood-na-hy-sloot-op-kampus-val/

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button