NewsNews

Skeidsregter na afloop van skolewedstryd aangerand

Skeidsregter na afloop van skolewedstryd aangerand

VANDERBIJLPARK.- ’n Onderwyser van Vanderbijlpark het Sondag, 13 Oktober ’n klag van aanranding by die Springs-polisie aanhangig gemaak nadat ’n man – vermoedelik ’n toeskouer, hom na afloop van ‘n rugbywedstryd met die vuis bygedam het.

JP Nel, ‘n Valke-skeidsregter, het Saterdagoggend, 12 Oktober, as skeidsregter vir ’n o.12-rugbywedstryd tussen Brakpan en Boksburg geblaas. Hy het aan die media vertel dat hy na die wedstryd na die kleedkamer is waar die aanvaller hom met die vuis bygedam het.

Die aanvaller, wat in ’n blou hemp geklee was, was glo ontsteld oor ’n strafdrie wat Nel aan Boksburg toegeken het. Laasgenoemde span het uiteindelik die wedstryd gewen.

Nadat die toeskouer vir Nel aangerand het, het die man uit die kleedkamer gestorm. Nel het aan die media gesê dat hy dié man vroeër die dag tydens die wedstryd langs die veld opgemerk het.

’n Beloning van R6 000 is intussen uitgeloof vir inligting wat tot die inhegtenisname van die aanvaller kan lei.

* Boodskappe om Nel se kommentaar in dié verband te kry, is verlede week by sy vrou gelaat. Hy het teen Vaalweekblad se spertyd nog nie gereageer nie.

JP Nel, ’n Valke-skeidsregter, soos hy gelyk het nadat hy na afloop van o.12skole rugby-wedstryd deur ’n toeskouer aangeval is. Foto: Verskaf

Related Articles

Back to top button