NewsNews

Vaaldam se vlak vir eerste keer in drie jaar onder 50%

Vaaldam se vlak vir eerste keer in drie jaar onder 50%

Die Vaaldam se watervlak het die afgelope week vir die eerste keer in drie jaar onder die vlak van 50% gedaal. Volgens Rand Water was die vlak op Maandag, 21 Oktober, 49,64%. Volgens Sputnik Ratau, woordvoerder van die departement van water en sanitasie, was die Vaaldam verlede jaar hierdie tyd nog 86.6% vol. Volgens die departement van water en sanitasie speel die huidige hittegolf en lae reënval in die dam se opvangsgebied ‘n rol in die lae damvlak, wat nou vir die eerste keer sedert 2016 onder die halfpadmerk lê. Inwoners van Gauteng word deur die departement gemaan om water spaarsaam te gebruik, veral omdat die Vaaldam vanaf 1 Oktober tot 30 November weens noodsaaklike werk aan die Lesotho-Hooglandtonnel, nie soos normaalweg deur dié stelsel gevoed gaan word nie. Die Katsedam in Lesotho, wat deel van die Hooglandwaterskema vorm, se vlak lê tans ook op ‘n skrale 13,7%. Hoewel waterbeperkings in die Vaaldriehoek tans nog nie oorweeg word nie, beveel die departement van water en sanitasie aan dat verbruikers baie oordeelkundig met water moet werk en dit nie moet verkwis nie. * Vaalweekblad ontvang steeds gereeld klagtes van inwoners dat skoon drinkwater vrylik uit stukkende pype en ander lekke in woonbuurte stroom. In Komatierivierstraat, SE4, Vanderbijlpark, stroom skoon water reeds etlike weke deur die strate en in sommige gevalle is inwoners se erwe al so oorstroom dat dit ‘n modderpappery is wat dreig om die betonmure om hul erwe te laat kantel. Hoewel die inwoners dit reeds by Metsi-a-Lekoa aangemeld het, het Vaalweekblad hul klagtes die afgelope week weer onder die aandag van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit gebring.

Na welkome reën in Desember 2016 en in die eerste maande van 2017 was die Vaaldam teen Maart daardie jaar weer 100% vol.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button