NewsNews

Bokke gereed vir derde Anglo-Boereoorlog

Bokke gereed vir derde Anglo-Boereoorlog

 

 

Rugbykoors loop hoog en Parysenaars soos die res van die land  trippel soos resiesperde rond in afwagting vir die Wêreldbeker-eindstryd wat more-oggend om 11:00 (SA-tyd) in Japan plaasvind.

Die bokkaptein, Siya Kolisi en sy troepe dra die hoop van ‘n nasie op hulle skouers, wanneer hulle Engeland in die Internasionale Stadion Yokohama, in Yokohama in 2019 se wêreldbeker-eindstryd aandurf.

Engeland het Nieu-Seeland in rou gedompel toe hy die All Blacks in die halfeindeindronde met 19-7 in die Land van die Opkomende Son geklop het.

Die Springbokke het in 1995 (in Suid-Afrika) en 2007 (in Frankryk) die William Webb Ellis-trofee omhoog gehou en mik daarna om die All Blacks se rekord van drie WB-titels te ewenaar.

Suid-Afrika het Engeland in 2007 in die eindstryd met 15-6 geklop en wil more die uitgeslape Eddie Jones en sy troepe ore aansit. Maar die Engelse se breier van Doer Onder het altyd ‘n plan of twee in die mou. Wat mens moet onthou is dat dit die einste Jones was, wat die Sprinbokke in 2007 gehelp het om Engeland se ondergang in WB-eindstryd te bewerkstellig.

Die Springbokke se spelpatroon is die afgelope ruk erg gekritisser. Mooi is dit beslis nie, maar effektief is dit wel. Die Bokke is immers in WB-eindstryd en dit spreek boekdele.

Engeland kon laas in 2003 onder leiding van Martin Johnson die WB-titel buit. Enige WB-eindstryd is met emosie gelaai, maar vir sommiges gaan dit ekstra emosioneel wees. Kolisi draf Saterdag in sy 50ste toets vir die Springbokke uit. ‘n Spesiale mylpaal wat nie vir almal beskore is nie. Dit is ook die bokbreier, die 47-jarige Rassie Erasmus se laaste toets as afrgter waarna hy sy oorspronklike rol as Direkteur van Rugby by SA Rugby voltyds sal hervat. Erasmus het vandeesweek erken dat hy verbaas is hoe vinning sy 25 as breier verbygeflits het.

Engeland beklee tans vir die eerste keer in 15 jaar die boonste trappie op die Internasionale Rugbyraad se wêreldranglys. Die Springbokke is tweede. Die wenner van more se eindstryd sal ook heel gepas bo-aan die ranglys vir 2019 eindig.  Hoe dit ookal sy die Sprinbokke is slaggereed vir derde Anglo-Boerre0orlog teen die Bleekbene. Op die Bokke!

WB-feite
Engeland en Suid-Afrika het in vier RWC-wedstryde teen mekaar gespeel. Die eerste was in 1999 in Stade de France in Parys. Suid-Afrika het 44-21 gewen. Jannie de Beer het 34 punte aangeteken. Dit het twee doelskoppe, vyf strafdoele en ‘n rugbywêreldbeker-rekord van vyf skepdoele ingesluit.

Hul tweede WB-ontmoeting was in 2003 in Perth, wat Engeland met 25-6 gewen het. Jonny Wilkinson het 20 punte in die sege aangeteken.

Die derde en vierde ontmoeting was tydens die 2007 WB-toernooi in Frankryk. Die Bokke het die groepwedstryd maklik met 36-0 gewen. Engeland het daarna al hul groepwedstryde sowel as die kwarteind- en halfeindstryd gewen om vir die eindstryd te kwalifiseer.

 

Die eindstryd was ‘n skopstryd tussen Jonny Wilkinson (twee strafdoele) en Percy Montgomery (vier strafdoele), terwyl Frans Steyn nog ‘n strafdoel bygevoeg het tot die Bokke se sege met  15-6.

Nog WB-feitte:

Engeland het sedert 1987 in al  WB-toernooie meegeding. Engeland se WB-rekord is soos volg: 49 wedstrye gespeel; Wen 36; Verloor 13; Punte vir 1 557; Punte teen 751; Wen% 73.

Suid-Afrika se eerste RWC-toernooi was in 1995 . Die Springbok-rekord is soos volg: 42 wedstryde gespeel; 35 gewen; Verloor 7; Punte vir 1 480; Punte teen 541; Wen% 83.

Die spanne vir more se WB-eindstryd is:  

South Africa

15 Willie le Roux, 14 Cheslin Kolbe, 13 Lukhanyo Am, 12 Damian de Allende, 11 Makazole Mapimpi, 10 Handre Pollard, 9 Faf de Klerk, 8 Duane Vermeulen, 7 Pieter-Steph du Toit, 6 Siya Kolisi (captain), 5 Lood de Jager, 4 Eben Etzebeth, 3 Frans Malherbe, 2 Bongi Mbonambi, 1 Tendai Mtawarira

Substitutes: 16 Malcolm Marx, 17 Steven Kitshoff, 18 Vincent Koch, 19 RG Snyman, 20 Franco Mostert, 21 Francois Louw, 22 Herschel Jantjies, 23 Frans Steyn

 

England

15 Elliot Daly, 14 Anthony Watson, 13 Manu Tuilagi, 12 Owen Farrell (captain), 11 Jonny May, 10 George Ford, 9 Ben Youngs, 8 Billy Vunipola, 7 Sam Underhill, 6 Tom Curry, 5 Courtney Lawes, 4 Maro Itoje, 3 Kyle Sinckler, 2 Jamie George, 1 Mako Vunipola

Substitutes: 16 Luke Cowan-Dickie, 17 Joe Marler, 18 Dan Cole, 19 George Kruis, 20 Mark Wilson, 21 Ben Spencer, 22 Henry Slade, 23 Jonathan Joseph.

Die wedstrydbeamptes is: Skeidsregter : Jérôme Garcès (Frankryk). Hulp-skeidsregters: Romain Poite (Frnkryk) en Ben O’Keeff (Nieu-Seeland) en televisie-skeidsregter: Ben Skeen (Nieu-Seeland).

Related Articles

Back to top button