NewsNews

Skool dankaar vir ouers se ondersteuning

Amy’Leigh de Jager. VANDERBIJLPARK. – Die onlangse ontvoering van Amy’Leigh de Jager (6), ‘n leerling aan die Laerskool Kollegepark, asook die betrokkenheid van een van die onderwyseresse, Tharina Human by die ontvoering, was vir die gemeenskap, die skool en ook vir die personeel ‘n groot skok. “Die was ‘n groot ontnugtering. Ons kan nogtans getuig van God wat gebede verhoor. ‘n Skool, ‘n ouerkorps, …

Amy’Leigh de Jager.

VANDERBIJLPARK. – Die onlangse ontvoering van Amy’Leigh de Jager (6), ‘n leerling aan die Laerskool Kollegepark, asook die betrokkenheid van een van die onderwyseresse, Tharina Human by die ontvoering, was vir die gemeenskap, die skool en ook vir die personeel ‘n groot skok.
“Die was ‘n groot ontnugtering. Ons kan nogtans getuig van God wat gebede verhoor. ‘n Skool, ‘n ouerkorps, ‘n gemeenskap en land het saam gebid dat die ontvoerders vir Amy’Leigh ongedeerd aan haar ouers sal terugbesorg. Ons Almagtige Heer het ons smeekgebede verhoor,” sê ‘n woordvoerder van die skool in ‘n skrywe aan Vaalweekblad.
“Ons is baie dankbaar dat Amy’Leigh veilig terug is by haar gesin en reeds terug is by die skool.”
Haar maatjies en juffrou was verheug en het haar glo met ope arms en dankbare harte terug verwelkom. Die Laerskool Kollegepark wil van die
geleentheid gebruik maak om vir elke ouer wat die skool in hierdie tyd ondersteun en steeds bemoedigende woorde aan die skool stuur, opreg te bedank. Ons waardeer hierdie positiewe gesindheid van die ouers.
Die gerugte wat die rondte doen dat ouers hul kinders uit Kollegepark haal en na anders skole neem, word as totaal onwaar deur die skool bestempel.
“Danksy ons ouers se positiewe betrokkenheid by die skool kan ons wel getuig dat ons nuwe leerders ingeskryf het.
“Ons sal bly voortbou op ons positiewe beeld en die wete dat ons skool ‘n veilige en geborge omgewing handhaaf waarbinne elke leerder hom of haarself ten volle kan uitleef.”

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button