NewsNews

Erewag vir gestorwe vriend

VEREENIGING. – Vaalweekblad het verlede week berig oor die ongeluk waarin Johan le Roux (38), ’n lid van die Black Fangs-motorfietsklub, op 16 Oktober in Houtkopweg verongeluk het. Hoewel baie inwoners vingers gewys het na die los sand op die pad, is nuwe inligting oor die tragiese ongeluk ontvang. Johan het in ‘n kop-aan-kop-botsing gesterf nadat die as van ‘n voertuig met ‘n …

VEREENIGING. – Vaalweekblad het verlede week berig oor die ongeluk waarin Johan le Roux (38), ’n lid van die Black Fangs-motorfietsklub, op 16 Oktober in Houtkopweg verongeluk het.
Hoewel baie inwoners vingers gewys het na die los sand op die pad, is nuwe inligting oor die tragiese ongeluk ontvang. Johan het in ‘n kop-aan-kop-botsing gesterf nadat die as van ‘n voertuig met ‘n sleepwa, met ses beeste agter op die sleepwa, gebreek het.

Die sleepwa het na die teenoorgestelde kant van die pad beweeg. Johan het om ‘n draai gery en nie betyds kans gehad om uit te swaai nie. Hy het die sleepwa getref en is op slag dood. Die ses beeste wat agter op die sleepwa was, is ook almal dood. Die voertuig en sleepwa was glo onpadwaardig.
Die bestuurder is in hegtenis geneem en op ‘n klag van strafbare manslag aangekla. Johan het oortyd gewerk en was omstreeks 19:30 op pad huis toe, toe die ongeluk gebeur het. Sy geliefde, Kobie Hattingh, het in haar kar agter hom gery en die hele tragedie aanskou.
Johan is Vrydag vanuit die Klipkerk in Vereeniging begrawe. Lede van die Black Fangs het vir hul gestorwe vriend ‘n erewag gevorm.

Lede van die Black Fangs-motorfietsklub
het ‘n erewag vir hul gestorwe
vriend, Johan le Roux (38), gevorm.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button