NewsNews

Droogtenood: ‘n Vrag van omgee-bokse gelaai

Dankie Parys vir soveel omgee-harte

“Ons kan beswaarlik meer beweeg.” Dit was die woorde van personeel by die afsetpunte in Parys vir die “Boks vir ‘n boervrou in droogtegebied” projek. Dit nadat Parysenaars en ook mense van buite die dorp in oorvloed uitgereik het na hulle in die droogste dele van ons land.

En vanoggend is die bokse gelaai deur Valtrac wat ‘n vragmotor beskikbaar gestel het om die bokse te vervoer na waar die nood die grootste is. ‘n Hele 1 127 bokse sedert Parysenaars twee weke gelede gevra is om die projek te ondersteun.
Volgens Rose van der Westhuizen en Gerda Small wat hul persele oopgestel het om die bokse te ontvang, het die bokse vandeesweek nog sonder ophou ingestroom, en was dit eenvoudig té veel om te tel.

Wat het die projek behels:
VLV (Vroue Landbou Vereniging) Wellington Sirkel Paarl het begin met ‘n projek om voor Kersfees vir elke boervrou in droogtegeteisterde dorpe in ons land ‘n bietjie hoop te gee met die projek, genaamd, “Boks vir ‘n boervrou in droogtegebied”.
Mense kon ‘n skoenboks of soortgelyke grootte boks vul met nie-bederfbare eetgoed, speserye, hawermout, wasmiddels, dettol, selfs lekker koffie of kondensmelk, badkameritems of wat ookal jou hart gevoel het om in die boks te sit. Enigiets. Wat ookal jou sak pas. Mense kon dit self doen, of saam met ander, as groepe, kerke, skole of organisasies. Die bokse is dan toegedraai in koerantpapier of bruinpapier met ‘n mooi lint om en gestuur na VLV Wellington. Die vroue sou dan seker maak dat die bokse saam met ‘n vrag voer gestuur word na die gebiede waar die nood die hoogste is.
Vir die VLV was dit deel van hul gemeenskapsuitreik. Vir my en jou ‘n manier om dankie te sê vir wat ons het en uit te reik na hulle wat werklik nou nood ervaar.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button