NewsNews

Oud Parys-skolier Vrydag begrawe

Ons innige medelye aan die familie.

Die begrafnisdiens van Devereaux Pienaar, oudskolier van Hoërskool Parys, sal hierdie Vrydag, 1 November,  vanuit die NG Kerk Moreletapark om 13:00 gehou word.

Die 53-jarige Devereaux se liggaam is Saterdag gekry in die Wolkberg-wildernisgebied waar hy vermis geraak het tydens ‘n staptog.

Devereaux en sy  jonger broer, Nico, het op 15 Oktober die staptog van 2 dae  in die onherbergsame Wolkberg Wildernis-gebied in Limpopo onderneem wat deel vorm van die noordelike Drakensberge.

 Tydens die staptog het hul water op die 2de dag opgeraak en het hul teruggedraai maar toe verdwaal en van mekaar geskei geraak in die digte mis.
Nico is verlede Maandag by die Ramodikwe-dam gekry in die Lenyene-geboed sowat 40km van Tzaneen gekry. Hy was baie swak en gedehidreer nadat hy vir 6 dae moes veg om oorlewing in die beboste bergagtige gebied.
Soek- en reddingspanne het daarna onverpoosd gewerk om Pienaar te soek.  Beide broers was ervare stappers.
Devereaux het as siviele ingenieur in Pretoria gewerk en word oorleef deur sy vrou, Veronica, drie kinders en familie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button