NewsNews

Matriek antwoordstelle 2018 per abuis van vragmotor afgeval

Matriek antwoordstelle 2018 per abuis van vragmotor afgeval

Die duisende matriek eindeksamen-antwoordstelle (2018) wat verlede week vir 10 kilometer langs die N14 gesaai, gelê het, het per abuis van ‘n vragmotor afgeval wat dit van Mahikeng na Johannesburg vervoer het. So sê Elias Malindi, woordvoerder van die Noordwes Onderwysdepartement.

Volgens Malindi het die diensverskaffer wat aangewys is om die antwoordstelle te vernietig, ‘n oop vragmotor in plaas van ‘n toe een gebruik om die antwoordstelle te vervoer.

Hoewel die onderwysdepartement spesifiseer dat die vragmotors toe moet wees, het die diensverskaffer ‘n oop vragmotor gebruik en dit met ‘n seil toegespan. Die seil het tydens die rit losgekom en die vraestelle het afgeval sonder dat die drywer daarvan bewus was.

Malindi sê verder dat Regulasie 50 bepaal dat antwoordstelle na ses maande versnipper mag word, tensy ondersoeke in eksamen onreëlmatighede nog nie afgehandel is nie.

Lees die vorige artikel hier:

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button