News

War horse word Sondag gratis vertoon

War Horse, die epiese film van regisseur Steven Spielberg wat in 2011 vrygestel is, word Sondag, 27 Oktober om 15:00 gratis in die Cachet Kleinteater vertoon.

War Horse, die epiese film van regisseur Steven Spielberg wat in 2011 vrygestel is, word Sondag, 27 Oktober om 15:00 gratis in die Cachet Kleinteater vertoon. Diegene wat nog nie die film op die groot doek gesien het nie, moet nie hierdie geleentheid misloop nie. Prof. John Botha, kunsgeskiedenisdosent aan die NWU, lei voor en na afloop van die vertoning ook ‘n filmbespreking.

Die verhaal, War Horse is op ‘n kinderboek met dieselfde titel gebaseer en speel af in die begin van die twintigste eeu met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog. Albert het ‘n besondere band met sy perd, Joey. Sy geliefde perd is sterk, lojaal, intelligent en het baie deursettingsvermoë.

Met die uitbreek van die oorlog verkoop Albert se pa vir Joey aan ‘n Britse offisier wat die perd op die oorlogsfront gebruik. Joey is een van die hoofkarakters in die film en ons volg die perd se lang oorlongsreis.

Intussen sluit Albert self by die Britse weermag aan, maar word gewond met die Slag van die Somme. Terwyl hy aansterk in die hospitaal, hoor hy van ‘n perd wat in “niemandsland” gevind is…

War Horse gee ons ‘n blik op die wreedheid van oorlog. Spielberg wys ook albei kante van die oorlog met slegte en goeie mense wat aan die Britse en Duitse kant was.

Dié film het verskeie filmtoekennings ontvang en was vir onder meer ses Oscar-toekennings en twee Golden Globes genomineer.

Die Cachet Kleinteater is bo-kant die Fishmonger Restaurant van Cachetpark geleë.

 

Related Articles

Back to top button