News

Hoe Afrikaans klop jou hart nog?

Hoe Afrikaans klop jou hart nog?

Afrikaans jou lekker ding. Jou klanke laat my hart sommer bokspring. Toentertyd was jy glo ‘n kombuistaal, maar vandag wys jy onverskrokke oral jou staal. Van Limpopo tot doer in die mooie Kaap Kan almal heerlik in Afrikaans ginnegaap.”
‘n ATKV-tak is gedurende Augustus 2019 in Vredefort gestig en word daar sedertdien behoorlik laat waai in Afrikaans. Op 6 September is ‘n baie geslaagde Kunstefees in die Vredefort NG Kerk gehou, en op Vrydag, 25 Oktober sal met die graad 9’s van Chris van Niekerk gesels word om ook hulle te inspireer. Die ATKV-tak is in die lewe geroep om beide Vredefort en Parys se gemeenskappe te dien. Daar word beplan om aksies en byeenkomste afwisselend in Vredefort en Parys aan te bied. Bestaande én voornemende ATKV-lede word hartlik genooi om met die tak kragte saam te snoer. Een en elk wat lief is vir Afrikaans is meer as welkom.
‘n Voorlopige bestuur is reeds aangewys en sal die tak van die grond af kry. Hou die Gazette dop vir die volgende byeenkoms. Jy kan ook vir Corlia by 082 732 0257, of 056 931 0207 skakel vir meer inligting oor die tak.

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button