NewsNews

Matrieks 2018 se eindeksamen antwoordstelle langs pad gevind

Matrieks 2018 se eindeksamen antwoordstelle langs pad gevind

Duisende eindeksamen-antwoordstelle van matrieks wat hulle eksamens in 2018 afgelĂȘ het, is vroeg vanoggend langs die N14 hoofweg opgemerk. Dit is vermoedelik langs die pad gestort.

DiĂ© magdom papiere het naby die Klerkskraaldam vir ongeveer 10 kilometer in die rigting van Krugersdorp gesaai, gelĂȘ en soos ‘n groot wit skoenlapperplaag langs die pad gefladder en teen grensdrade vasgewaai.

‘n Motoris wat vanoggend 06:00 reeds verby die hope antwoordstelle gery het, het die Herald hiervan in kennis gestel.

Elias Malindi, die woordvoerder van die Noordwes onderwysdepartement, is genader om hierop terugvoering te gee.

Related Articles

Back to top button