News

As harte oop is vir droogte-nood

As harte oop is vir droogte-nood

Boere van die Parys en Vredefort Koepel distrikte se harte is oop vir die nood van boere in die Calvinia-distrik. So is daar Vrydag douvoordag met sonop gereed gemaak om te vertrek. Drie vragmotors gelaai met voer, waaronder 72 ton mielies wat deur boere hier geskenk is vir hulle in die dorre Noord-Kaap.
Teen Vrydagmiddag laat breek een van die vragmotors net voor Kimberley en word die reis in die vroeë oggendure hervat. Teen 09:00 Saterdagoggend kom die vragmotors teen die voet van die Hantamberge in Calvinia aan, waar die ongenaakbaarheid van ‘n droogte saam met die hitte teen jou binneste slaan. Geen gras, net dooie, droë bossies.

Soos by inryteaters van ouds tou bakkies en sleepwaens nader in hoopvolle afwagting op voer vir hul diere.

Nadat die eerste vrag mielies afgelaai is, stap die plaaslike dominee nader en hou ‘n dankseggingsdiens. Agt en sewentig families wat hul hoofde buig … dankbaar. Daar’s kos vir hul diere.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button