News

Ligte waarskynlik Maandag aan

Eskom het pas in ‘n verklaring aangekondig dat beurtkrag waarskynlik nie Maandag toegepas sal word nie, en nog goeie nuus is dat die waarskynlikheid vir beurtkrag vir die res van die week ook skraal is. Verskeie eenhede wek nou weer krag op na beplande en onbeplande instandhoudingswerk. Dieselreserwes vir die gasturbines is ook aangevul. Intussen …

Eskom het pas in ‘n verklaring aangekondig dat beurtkrag waarskynlik nie Maandag toegepas sal word nie, en nog goeie nuus is dat die waarskynlikheid vir beurtkrag vir die res van die week ook skraal is.

Verskeie eenhede wek nou weer krag op na beplande en onbeplande instandhoudingswerk. Dieselreserwes vir die gasturbines is ook aangevul.

Intussen vorder die herstelwerk aan die vervoerband by die Medupi-kragstasie goed en hoop Eskom dat Medupi teen die einde van die week weer ten volle krag sal kan lewer.

Maar wees gewaarsku, sĂȘ Eskom, die kragstelsel is steeds onder druk, en kan beurtkrag steeds op kort kennisgewing toegepas word.

Related Articles

Back to top button