NewsNews

Elektriese voertuie is die toekoms

Elektriese voertuie is die toekoms

VEREENIGING. – EV Dynamics, ‘n vervaardiger van elektriese voertuie in die Vaaldriehoek, het onlangs geskiedenis gemaak toe dit deel was van die eerste elektriese voertuigrit (EVRT) om Suid-Afrika. Die EVRT, wat ‘n padreis van ses dae lank was, het in Pretoria begin en in Kaapstad geeïndig.

Diegene wat deel was van dié interessante reis, het ‘n ruskansie by EV Dynamics se perseel in Vereeniging gehad, waar ’n elektriese bus en
taxi wat deur EV Dynamics vervaardig is, vertoon is.
Die doel van die reis was om te wys dat elektriese voertuie regoor die land kan ry sonder om brandstof te gebruik. Manzel Oelofsen van EV Dynamics sê elektriese voertuie is die toekoms en as ‘n trots Suid-Afrikaanse vervaardiger, is hul fokus veral op openbare vervoer. Oelofsen het voorts gesê die rede vir hul fokus op die openbare vervoersektor, is omdat baie geld deur openbare eienaars en pendelaars hierop spandeer word.
“Die voertuie word mededingend geprys in vergelyking met brandstofverbruik, maar die vangplek is nou dat die elektriese voertuie se eienaars honderde duisende op brandstofbesteding spaar en dit sal ‘n direkte impak op die koste van openbare vervoer hê. ‘n Verdere voordeel is dat die
elektriese voertuie ‘n langer lewensduur het in vergelyking met ander handelsmerke. Onderhoud word ook drasties verminder as by ‘n brandstofvoertuig, die diensintervalle is elke 5 000km, maar met elektriese voertuie is die diensintervalle elke 80 000km.
Oelofson het gesê dat die maatskappy ook maklik enige voertuig na ‘n elektriese voertuig kan omskakel. “Ons is ‘n trots Suid-Afrikaanse vervaardiger. Ons bou ‘n voertuig vir Afrika met Afrika-toestande in gedagte,” sê hy.
* Die EVRT word aangedryf deur ACDC Dynamics en word bestuur deur Generation.e in samewerking met die Departement van Vervoer, die Gautengse provinsiale regering en die African Alliance for Energy Productivity.

Related Articles

Back to top button