NewsNews

Dankie Parys vir dié bokse vir boervroue in nood

Parysenaars se harte is oop sedert daar ‘n week gelede gevra is om uit te reik na die boervroue in nood in van die land se ergste droogtegeteisterde gebiede, Daar is nog tyd as jy wil help. Die twee punte in Parys waar bokse afgegee kan word voor 25 Oktober is: By Mirabel Gastehuis in …

Parysenaars se harte is oop sedert daar ‘n week gelede gevra is om uit te reik na die boervroue in nood in van die land se ergste droogtegeteisterde gebiede,

Daar is nog tyd as jy wil help. Die twee punte in Parys waar bokse afgegee kan word voor 25 Oktober is:

By Mirabel Gastehuis in De Villiersstraat waar Valtrac dan die koerierkoste na Wellington dra, of

by Gerda Small Prokureurs in Waterstraat 22 Parys.

Jy kan ook  Juanita by 083 264 9834 of Karen by 082 448 0690 skakel om te hoor waar jou naaste afsetpunt is vir mense wat nie in Parys is nie.

 

Wat behels die projek?

VLV (Vroue Landbou Vereniging) Wellington Sirkel Paarl het begin met ‘n projek om voor Kersfees vir elke boervrou in droogtedorpe in ons land ‘n bietjie hoop te gee met die projek, genaamd, “Boks vir ‘n boervrou in droogtegebied”.

Jy kan ‘n skoenboks of soortgelyke grootte boks vul met nie-bederfbare eetgoed, speserye, hawermout, wasmiddels, dettol, selfs ‘n lekker koffie of kondensmelk, badkameritems of wat ookal jou hart voel om in die boks te sit. Enigiets. Wat ookal jou sak pas. Jy kan dit self doen, of saam met ander, as groepe, kerke, skole of organisasies.

Die bokse word toegedraai in koerantpapier of bruinpapier met ‘n mooi lint om en gestuur na VLV Wellington. Die vroue sal dan seker maak dat die bokse saam met ‘n vrag voer gestuur word na droogtestreke waar die nood die hoogste is.

Die projek eindig einde Oktober.

Daar is reeds oorweldigende reaksie vir die projek regoor die land gekry en word probeer om soveel moontlik afsetpunte vir die bokse te kry.

Vir die VLV is dit deel van hul gemeenskapsuitreik.

Vir my en jou ‘n manier om dankie te sê vir wat ons het en uit te reik na hulle wat werklik nou nood ervaar.

 

Related Articles

Back to top button