News

Beurtkrag – Einde nog nie in sig

Beurtkrag - Einde nog nie in sig

Slegte nuus vir verbruikers is dat Eskom pas aangekondig het dat die vooruitskatting is dat fase 2 beurtkrag môre, Donderdag 17 Oktober landwyd weer ingestel word vanaf 09:00 môre-oggend tot 23:00. Dit beteken dat Parysenaars voorlopig bes moontlik môre oggend tussen 09:00 en 10:00 geraak kan word, en dalk weer die middag 16:00 tot 18:00.

Let daarop dat die fases egter aangepas kan word deur die dag en hierdie slegs die voorlopige vooruitskatting vir môre is.

Eskom sê die toepassing van beurtkrag is juis as voorkomingsmaatreël ingestel, na ‘n reeks probleme wat reuse uitdagings gebied het vir Eskom se noodstelsels.

‘n Steenkool-vervoerband het onder meer Saterdagoggend gebreek en Medupi-kragstasie se opwekkingskapasiteit so gehalveer.

 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button