NewsNews

Oekraïner se Afrikaanse spelling beste in die land

Oekraïner se Afrikaanse spelling beste in die land

Dasha Levanets by die ATKV Spelathon kompetisie in Bloemfontein.

Dasha Levanets, ‘n graad 12 leerling van Hoërskool Ferdinand Postma, is die nasionale wenner van die graad 10-12 ATKV Spelathon. Sy het in die Afrikaans addisionele taal kategorie deelgeneem.

Dié kompetisie is van 11-12 Oktober in Bloemfontein aangebied. Daar was 833 deelnemers van 169 skole wat landwyd deelgeneem het.

Dasha, wie se huistaal Russies is, het saam met haar ouers na Suid-Afrika geëmigreer toe sy vyf jaar oud was. Sy kon op daardie stadium net Russies en Oekraïens praat en het vir die eerste keer Afrikaans leer praat toe sy Rep-en-Roer Kleuterskool toe gegaan het.

Na ses maande kon die klein Oekraïner Afrikaans verstaan en bietjie begin praat. Volgens Dasha het dit haar drie tot vier jaar geneem voordat sy so vlot soos haar maats Afrikaans kon praat.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button