NewsNews

Man tydens kaping in parkeerterrein geskiet

‘n Man is Sondagmiddag (6 Oktober) omstreeks 16:30 tydens ‘n kaping in ‘n onderdak-parkeerarea in Autolaan, Potchefstroom geskiet. Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het die man na die onderdak-parkering gegaan om sy baadjie uit sy broer se motor te gaan haal. Terwyl hy by die motor was, het ‘n gewapende man hom skielik voorgekeer en …

‘n Man is Sondagmiddag (6 Oktober) omstreeks 16:30 tydens ‘n kaping in ‘n onderdak-parkeerarea in Autolaan, Potchefstroom geskiet.

Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het die man na die onderdak-parkering gegaan om sy baadjie uit sy broer se motor te gaan haal.

Terwyl hy by die motor was, het ‘n gewapende man hom skielik voorgekeer en die motor-sleutels geeëis waarna die man hom geskiet en met die motor weggery het.

Die slagoffer het probeer weghardloop maar het in die parkeerarea ineengestort.

Nooddienste het hom volgens Chaka hospitaal toe geneem, maar die Herald kon nog nie bevestig na watter hospitaal toe hy is nie. Potchefstroom Hospitaal het geen rekord van die man nie.

Die man is glo stabiel.

Die polisie ondersoek ‘n saak van kaping en poging tot moord.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button