CommunityNews

NWU Ingenieurs hef gemeenskap op met projekte

NWU Ingenieurs hef gemeenskap op met projekte

Meer as 50 groepe Ingenieurstudente het Vrydag 11 Oktober  aan die finale uitstalling van die vak ‘Professionele Praktyk’ onder leiding van Hannes du Toit en Pieter Tolmay deelgeneem.

Hoewel dit die laaste jaar is wat dié vak by die Fakulteit Ingenieurswese van die Noordwes-Universiteit aangebied gaan word het dit nie die groep tweedejaars se geeste gedemp nie.

Volgens Hannes du Toit, is dit hartseer dat die vak van 2020 nie meer aangebied gaan word nie omdat  dit vir voorgraadse studente ‘n voorsmakie gegee het van wat om in die praktyk te verwag. Verskeie gemeenskapsprojekte is identifiseer waarvan die groep tweedejaarstudente van kon kies. Elke projek wat aangepak is, moes ‘n sekere behoefte binne die gemeenskap aanspreek. Verskeie organisasies soos Potchefstroom Hospitaal, Cross Connect en Paws het gebaat by dié projekte.

Volgens du Toit sal daar steeds met gemeenskapsprojekte deur die fakulteit voort gegaan word.

“Die plan is om ‘n vyf na agt jaar plan rondom elke projek te maak. Deur lede van die betrokke organisasie deurgaans oor dié tydperk by die projek betrokke te hou word dit uiteindelik ‘n self volhoubare projek. Die idee is om ‘n multi dissiplinêre aanslag tot elke projek te hê wat ook werkloosheid sal kan aanspreek,” het hy gesê.

Die bou- en ingenieurswerk was voorheen deur die eerstejaars behartig maar du Toit het van verlede jaar af dit omgeswaai sodat die tweedejaars dit moet begin doen.

“Dit was ‘n goeie besluit, omdat ons regtig ‘n baie beter gehalte eindproduk kan sien,” het hy gesê.

Behalwe vir die bouwerk moes studente self die beplanning, bemarking, finansies en implementering suksesvol behartig. “Hierdie projekte berei die student voor vir die realiteit wat eendag op hom wag. Ek het verskeie oudstudente wat my al gekontak het wat nie kan ophou praat oor die waarde van wat hulle hier geleer het nie,” het du Toit gesê.

 

Verskeie speelgrond en gymnasium apparaat is deur die studente gebou. Hulle het ook ‘n rolstoel hindernisbaan gebou. Volgens du Toit was dit een van Potchefstroom hospital se versoeke.

“Elke organisasie wat ons mee gesels het, het ‘n tipe van ‘n wenslys vir ons opgestel. Ons wou seker maak dat dit die studente nie moet verveel nie maar ook nie so moeilik wees dat dit nie haalbaar is nie,” het du Toit vertel.

Boekrakke wat opvou, ‘n toestel wat tou uit twee liter plastiekbottels kan maak, klaskamers en groenhuise wat vining op en af geslaan kan word, voermengers, afslaan diere baddens  en ‘n veilige puttoilet stelsel wat help dat kinders nie inval nie, is slegs van die innoverende idees waarmee die student vorendag gekom het.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button