News

Amy’Leigh ontvoering: Net 1 kry borg

Slegs 1 van die 4 verdagtes wat tereg staan op die ontvoering van die 6-jarige Amy’Leigh de Jager, het vanoggend borg in die Vanderbijlparkse landdroshof gekry. Landdros Hussain Khota het borg va R25 000 toegestaan aan die 40-jarige Laetitia Nel. Twee ander  mede-beskuldigdes, Tharina Human (27) en Pieter van Zyl (50) se borgtog is geweier …

Slegs 1 van die 4 verdagtes wat tereg staan op die ontvoering van die 6-jarige Amy’Leigh de Jager, het vanoggend borg in die Vanderbijlparkse landdroshof gekry. Landdros Hussain Khota het borg va R25 000 toegestaan aan die 40-jarige Laetitia Nel.

Twee ander  mede-beskuldigdes, Tharina Human (27) en Pieter van Zyl (50) se borgtog is geweier en sal in aanhouding bly.

Die vierde beskuldigde, Bofokeng Molemohi (24) het sy borgaansoek laat vaar. Sy saak is by die ander drie beskuldigdes gevoeg en sal voortaan saam met hulle in die hof verskyn.

Die saak is nou uitgestel tot 13 November en sal dan oorgeplaas word na die hooggeregshof.

Amy’Leigh se ontvoering vroeër vanjaar voor die Laerskool Kollegepark in Vanderbijlpark waar Human ‘n onderewyseres was,  het groot opslae regoor die land gemaak. Sy is die volgende oggend in die vroeë oggendure aan haar ouers terugbesorg nadat sy deur haar ontvoerders in ‘n straat in Vanderbijlpark afgelaai en deur weldoeners gevind en aan haar ouers terugbesorg is.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button