NewsNews

Boer verloor stryd vier jaar na plaasaanval

Braam Blignaut het Saterdagoggend, 5 Oktober 2019, gesterf

 

Vaalweekblad het onlangs berig oor Braam Blignaut, die 38-jarige boer wat in Julie 2015 op sy plaas in die Buffelsfontein-omgewing in Noordwes in die rug en onderlyf gewond is en sedertdien deur hel gegaan het.
Vyf rowers het hom, sy vrou Izulda en hul kinders die dag aangehou voordat Braam in die onderlyf geskiet is. Braam en sy gesin het na die aanval na Rustenburg verhuis en het nooit weer na die plaas teruggekeer nie.
Braam was na die voorval verlam en in ‘n rolstoel.

Hy het gedurende sy behandeling ‘n supervirus in ‘n staatshospitaal opgedoen en albei sy bene moes mettertyd geamputeer word om te voorkom dat die virus versprei.

Hy het Saterdagoggend, vier jaar na die aanval, gesterf.
Buiten Izulda word hy oorleef deur sy seuns, Albert (14), Braam (10), Christo (8) en Dylan (7). sowel as sy ma, mev. Gerda Steyn.

Related Articles

Back to top button