News

Gesonde pret vir gesin

Gesonde pret vir gesin

As jy en jou gesien van die buitelug hou en gesondheidsbewus is,  het  OCSA Parys (Operation Compassion South Africa) die regte medisyne vir jou.

Dié organisasie bied die naweek (5 en 6 Oktober) ‘n bergfiets- en draf-kompetisie as fondsinsamelingsprojek by Koedoeslaagte, sowat 10km buite Parys, aan.

Daar is ’n 3km, 7,5km en 19km MTB bergfietsroete. Koedoeslaagte is bekend is vir sy uitnemende bergfietsroetes langs die Vaalrivier. Een hiervan – die baie gewilde Crater Cruise wat geen bekendstelling nodig het in bergfiets- kringe nie.
Dan is daar ook geleentheid om jou tekkies aan te trek vir ’n 2km, 5km of 10km draf. Die afstande is kort genoeg sodat die hele gesin kan deelneem.
Jy kan aanlyn inskryf op www.ocsaparys.org. Laat inskrywings is ook welkom Vrydagmiddag tussen 15:00 en 18:00 by Koedoeslaagte.
Bergfietsryers kan ook nog Saterdagoggend inskryf vanaf 06:30, terwyl die hardlopers Sondagoggend vanaf sal kan inskryf.
Skakel 082 894 5568 vir meer inligting.

Related Articles

Back to top button