News

Slagpale-moordverhoor hervat binnekort

Slagpale-moordverhoor hervat binnekort

Die verhoor van drie mans en ‘n vrou wat van die moord op Koos van der Leeuw, ‘n gesiene beesboer aangekla word, sal na verwagting op 7 Oktober hervat word.
Die verhoor teen Tefu Mohua, Samuel Motsi, Aida Lebaka en Bibi Nycamphalala wat van moord en roof met verswarende omstandighede aangekla word, is al sedert 2016 vir verskillende redes uitgestel.

Die aanval vroegoggend by die Potchefstroomse slagpale op die 68-jarige Van der Leeuw, beter bekend as oom Koos, het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur.
Gewapende rowers het Van der Leeuw en sy vrou, Marietjie, omstreeks 6:00 by die slagpale oorval toe hulle daarheen gery het om ‘n kontanttransaksie te beklink. Die rowers het sowat R77 500 kontant tydens die rooftog gebuit en Van der Leeuw in die kop geskiet, nadat hy een van die rowers geskiet het.
Marietjie het tydens die skietery in hul bakkie plat geval en gemaak of sy dood is. Sy was ongedeerd, maar die swaar gewonde Van der Leeuw het enkele ure later in die hospitaal gesterf.

Wat al in die hof getuig is

Marietjie van der Leeuw het tydens haar getuienis, vir Tefu Mohau, in die hof  as een van die aanvallers uitgewys.  Volgens haar het haar man se dood ’n geweldige uitwerking op die gesin gehad. “Hy was my alles, en hy is so brutaal uit die lewe geruk. Ons almal se lewens is erg ontwrig,” het sy gesê.
Samuel Motsi het as ‘n drywer by die slagpale gewerk toe die rooftog plaasgevind het. Hy is tevore skuldig bevind aan gewapende roof en het vier jaar tronkstraf daarvoor uitgedien voordat hy op parool vrygelaat is, is tydens sy borgverhoor getuig. Hy was die dag van die rooftog laat vir werk.
Lebaka het ná haar inhegtenisname in die tronk geboorte gegee.
Selfoonrekords wys glo ook al vier die beskuldigdes het kontak met mekaar gehad vóór en ná die rooftog, en dat hul selfone almal in die omgewing van ‘n selfoontoring naby die slagpale was toe die rooftog plaasgevind het.
Bibi Nycamphalala, het kort na sy arrestasie sekere uitwysings oor die rooftog en moord gemaak.
Tydens die verhoor het hy egter aangevoer dat hy aangerand en gedwing is om dié uitwysings te maak. Aida Lebaka, wat geboorte geskenk het terwyl sy in aanhouding was, het erken dat sy help beplan het aan die rooftog, maar dat sy die dag van die rooftog nie op die toneel was nie.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button