NewsNews

Man dood gevind na soektog

Toe een van die Vaal se gewildste inwoners gister teen 12:00 nie sy selfoon antwoord nie, het vriende en familie dadelik na hom begin soek.

Sosiale netwerke het behoorlik gegons in die poging om Galoopy van Staden op te spoor. Ongelukkig is hy omstreeks 15:30 met ‘n kopwond in sy wit VW Amarok-dubbelkajuit, in ‘n veld langs die Kareekloofpad (R557) gevind.

ER24 het met hul aankoms op die toneel vir Galoopy binne sy voertuig gevind. Ongelukkig was dit reeds te laat en kon hulle niks doen om sy lewe te probeer red nie. Hy is op die toneel dood verklaar.

Daar word vermoed dat Galoopy, wat met motors handel gedryf het, iemand ontmoet het wat in ‘n voertuig belang gestel het. Dit wil egter voorkom of die koper die voertuig wou kaap en dit tot Galoopy se dood gelei het. Dit kon nog egter nie bevestig word nie. Die saak word verder ondersoek.

Kort nadat dit bekend geword het dat Galoopy dood gevind is, het boodskappe van medelye en ondersteuning aan sy gesin ingestroom.

Die bestuur van Ultimate Outlaws Racing in Vereeniging, waar Galoopy baie betrokke was, het die volgende boodskap geskryf: Dit is met groot hartseer dat ons vandag ‘n goeie vriend moet groet. Galoopy, dankie vir alles wat jy vir Outlaws gedoen het. Ultimate Outlaws salueer jou!

Vaalweekblad se innige simpatie aan sy vrou Clarissa (wat voorheen by Vaalweekblad gewerk het),  hul seuns en ander familie en vriende.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button