NewsNews

Man wat Amy’Leigh gegryp het verskyn in hof

Man wat Amy’Leigh gegryp het verskyn in hof

VANDERBIJLPARK. – Die man wat Amy’Leigh de Jager die oggend van 2 September voor haar skool gegryp het en in die Toyota Fortuner gelaai en saam met mede beskuldigdes ontvoer het, het vanoggend 25 September vlugtig in die hof verskyn nadat hy Maandag 23 September by Muvango, ‘n nedersetting naby Vanderbijlpark, in hegtenis geneem is.

Bennet Bofokeng Molemohi (24), wat ook vir ontvoering en afpersing tereg staan, het neergekyk terwyl hy in die beskuldigde bank gestaan en by navraag gesê hy het nie geld vir ‘n prokureur nie. Landdros Milla Kgobane het staatshulp aangebied en ‘n staatsprokureur het hom die nodige dokumentasie laat teken.

Molemohi se saak is uitgestel na Woensdag 2 Oktober. Sy drie ander mede beskuldigdes Tharina Human (27), Leatitia Nel (40) en Pieter van Zyl (50) verskyn Dinsdag 1 Oktober in die hof om hulle borg verhoor te finaliseer.

Amy’Leigh se ouers, Wynand en Angeline de Jager was ook in die hof.

Na Molemohi gehoor het volgende Woensdag of hy gaan borg kry of nie, sal hy saam met sy ander beskuldigdes verskyn in voortsetting van die saak.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button