NewsNews

London hier kom ons!

Dis nou min dae tot by London vir twee Parysenaars, Willem Janse van Vuuren en Alida van Dyk, wat by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe van die gewilde Warrior Race, gekwalifiseer het vir die Wêreldspele in London. Die twee vertrek op 7 Oktober vir die baie uitdagende Obstacle Course Race. Atlete van verskeie lande sal tot die …

Dis nou min dae tot by London vir twee Parysenaars, Willem Janse van Vuuren en Alida van Dyk, wat by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe van die gewilde Warrior Race, gekwalifiseer het vir die Wêreldspele in London.


Die twee vertrek op 7 Oktober vir die baie uitdagende Obstacle Course Race. Atlete van verskeie lande sal tot die uiterste beproef word met hindernisse waaroor geklim en geklouter, en selfs deur modder geploeg moet word, oor die afstande wat teen tyd afgelê moet word.
Nadat hulle in Julie gekwalifiseer het, was daar nét ses weke om voor te berei vir die Wêreldspele, maar die twee is vas van plan om die dorp se naam hoog te hou.
Hul oefenprogram is strategies uitgewerk vir die beste resultate en genoeg rus,” sê Willem. Daar is bande gesleep, touwerk gedoen, gespring, geklim en padwerk gedoen om hulself voor te berei vir die hindernisse wat in London van 11 tot 13 Oktober op hul wag.
Tussendeur moes daar geld bymekaar gemaak word vir hul vlugte en verblyf in London, en is daar die afgelope naweek ook ‘n 12 uur Enduro Dance by Egweni gehou met hope pret.

Related Articles

Back to top button