News

Sterrekyk Saterdagaand op Deelfontein

Komende Saterdagaand is die weerstoestande en die maanstand gunstig vir sterrekyk.

 

Liefhebbers van die naghemel het die geleentheid om die aanbieding van Frik le Roux op Deelfontein te kom bywoon, sonder om soos gewoonlik die winterkoue te moet trotseer. Dit sal waarskynlik die laaste geleentheid voor die volgende winter wees, omdat bewolkte weer en die hoër lugvogtigheid in die somer ongunstig is vir sterrekyk. Die aanbieding in die seminaarkamer langs die sterrewag begin om 7 uur, en om 8 uur sal dit donker genoeg wees om die sterre deur die 12”-teleskoop te bekyk.

Padaanwysings na Deelfontein kan van www.deelfontein.co.za afgelaai word. Meld asseblief aan per epos by gerhard@deelfontein.co.za of per sms aan 083 280 9784 vir meer inligting en om jou plek te bespreek.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button