AdvertorialNews

Profetiese Woord-skool in Parys aangebied.

‘n Profetiese Woord-skool word op Vrydagaand 4 Oktober om 18:00-21:00  in die Hoërskool Parys se skoolsaal aangebied, asook Saterdagoggend 5 Oktoboer vanaf 09:00-13:00. Joe van den Berg wat vir 27 jaar pastoor by die Hatfield-gemeente in Pretoria was, en die afgelope drie jaar ook baie kerke, huiskerke en selgroepe dwarsoor die land bedien, sal die …

‘n Profetiese Woord-skool word op Vrydagaand 4 Oktober om 18:00-21:00  in die Hoërskool Parys se skoolsaal aangebied, asook Saterdagoggend 5 Oktoboer vanaf 09:00-13:00.

Joe van den Berg wat vir 27 jaar pastoor by die Hatfield-gemeente in Pretoria was, en die afgelope drie jaar ook baie kerke, huiskerke en selgroepe dwarsoor die land bedien, sal die Woord-Skool lei.

Soos wat die naam te kenne gee, sal die bediening gefokus wees op die profetiese. Die doel van hierdie byeenkoms is om miskonsepsies rondom die profetiese uit die weg te ruim met die Bybel as grondslag, en dan ook vir mense opleiding en lering te gee rondom die doping met die Heilige Gees, die gawes van die Gees, liefde en emosionele gesondheid, om die stem van die Here te hoor asook die gawe van profesie en om te profeteer. (1 Kor. 12, 13 en 14).

Joe sal bygestaan word deur sy vrou, Marie, wat onder meer ‘n doktersgraad in Christelike berading het. Sy sal die “liefde en emosionele genesing” sessie waarneem. Ernie Amos sal die lofprysing en aanbidding fassiliteer.

Almal oor alle kerkgrense heen is welkom om te kom. Bywoning is gratis.

Vir enige navrae skakel Alida Schabort by 082 411 4408.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button