News

Een sterf, vier beseer in botsing op die R59

Baba se toestand ernstig.

Een persoon is dood en vier ander beseer in ‘n botsing tussen twee voertuie vanmiddag (Maandag 23 September 2019) op die R59 in Meyerton.
Volgens Ineke van Huyssteen, ‘n woordvoerder van ER24, het paramedici van dié en ander nooddienste kort na die botsing op die toneel opgedaag. Een pasiënt is met noodlottige beserings aangetref en op die toneel dood verklaar. ‘n Baba is ook ernstig beseer en is per mediese helikopter na ‘n hospitaal geneem.
Twee ander mense is ernstig beseer, terwyl ‘n ander een ligte beserings opgedoen het. ER24, sowel as die provinsiale nooddienste (EBW), het die beseerdes hospitaal toe vervoer vir verdere mediese sorg.
Die presiese omstandighede rondom die voorval is nog nie bekend nie maar die betrokke owerhede was op die toneel om dit verder te ondersoek.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button