NewsNews

Potchefstromers sien moontlike meteoriet

Verskeie Potchefstromers glo hulle het Donderdagaand (19 September) ‘n meteoriet gehoor wat die aarde iewers naby aan Potchefstroom getref het. Party mense het dit selfs gesien. Is daar Parysenaars wat dit dalk gesien het?

Verskeie Potchefstromers glo hulle het Donderdagaand  (19 September) ‘n meteoriet gehoor wat die aarde iewers naby aan Potchefstroom getref het. Party mense het dit selfs gesien.

Omstreeks 17:30 Donderdagaand het verskeie Potchefstromers ‘n harde slag gehoor. Inwoners van Klerksdorp tot so ver as Fochville het oor dieselfde harde geluid op Facebook gevra.

‘n Inwoner van Fochville, Belinda Janse van Rensburg, het op die Weather Today – South Africa Facebook groep gesê dat sy twee aparte vuurballe sien val het en het dit met ‘n verskietende ster vergelyk.

Willie Immelman, wie op ‘n plaas 35km van Potchefstroom in Fochville se rigting woon sê hy het dit ook gesien.

“Ek het gistermiddag half ses se kant buite gestaan toe ek die twee liggies sien val in die rigting van Viljoenskroon,” sê hy. Hy sê hy het twee liggies wat soos sein vuur lyk gesien aarde toe kom. Dit het egter weer verdwyn voor dit die grond kon raak.

“Dit was seker net so drie sekondes toe is dit weer weg. Dit is die eerste keer dat ek so iets deur die dag gesien het,” sê hy.

Karine Wilkens wat op ‘n plaas 100km buite Potchefstroom in die rigting van Hartebeesfontein woon, sê sy het die klank gehoor terwyl sy op die plaas gestap het.

“Dit het geklink of n vliegtuig oorkom en net daarna toe sien ek ‘n blink, helder streep deur die lug kom omtrent 100 meter bo die grond! Soos ‘n ster wat val en uitbrand!”

Daar kon nog nie vasgestel word of dit wel ‘n meteoriet was, en waar dit die aarde getref het nie.

Enigiemand wat meer inligting of foto’s hieroor het, kan Marianke van die Potchefstroom Herald by marianke.saayman@media24.com e-pos of ‘n Whatsapp na 082 303 3248 stuur.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button