NewsNews

Kandidaat berou sosiale media plasings

‘n Herrie oor die Twitter plasings van die Vryheidsfront plus se Wyk 2 kandidaat die aand voor die tussenverkiesing in Potchefstroom het losgebars.

Santi Britz, hoofsweep van die DA in JB Marks, het die Twitter plasings van Everhard Laing op haar Facebookprofiel gedeel.

Die plasings wat sy gedeel het, het te doen met Twitter plasings wat Laing in 2012 en 2013 gemaak het. In dié plasings word daar grappe gemaak oor onder andere verkragting, homoseksualiteit en ander seksuele suggestiewe grappe.

Volgens Britz, is dit onaavaarbaar in vandag se tyd dat sulke plasings gemaak kan word. Veral in wanneer geweld teen vroue en verkragting die lewens van baie vroue en kinders in Suid Afrika verwoes. Haar plasing het teen Woensdagmiddag 122 komentare uitgelok. Baie van die komentaar het ook skok oor die Twitter plasings uitgespreek. Hoewel sommige plasings die tydsberekening van Britz se plasing bevraagteken het.

“Hierdie inligting het vanaand (17 September) eers aan die lig gekom. Ek het gedink dit is ‘n eenmalige inskrywing maar die res is so erg dat dit my fisies siek maak. As jy my naam Google sal jy verstaan waarom ek opstaan teen geweld van vroue en kinders. Ek het 8 jaar gelede ‘n NPC begin en werk baie nou saam met die Rape Crisis Centre. Hierdie is nie ‘n politieke kwessie nie, maar dit gaan oor die rolmodelle wat ons daar stel in ons land. Daarom SAL en KAN ek NOOIT stil bly nie… ongeag die party wat betrokke is!” het Britz in ‘n verdere plasing benadruk

Volgens Britz, wat self die slagoffer van verkragting was, is dit glad nie ‘n politieke spel nie.

“Ek sou so optree maak nie saak wie dit was nie. As hierdie die gesindheid en kultuur onder jongmense is, wat dink dat sulke grappe snaaks is, dan is dit geen wonder dat ons met so groot probleem met verkragting in Suid-Afrika sit nie,” het Britz gesê.

Everhard Laing het bevestig dat hy die plasings op Twitter gemaak het. Volgens hom keur hy glad nie geweld teen vroue en kinders goed nie en is hy bereid om ‘n openbare verskoning te maak.

“Ek was ‘n jong, dom student gewees. As ek nou terug kyk dan sou ek my ou self ook oor die vingers tik. Tog glo ek dat dinge wat so lank terug gebeur het nie definieer wie ek vandag is nie,” het Laing gesê.

Volgens hom is hy nie dieselfde persoon vandag as wat hy sewe jaar terug was nie. Hy vertel dat hy intussen getroud is en baie meer betrokke in die gemeenskap en kerk is. Hy was ook baie lank gelede aktief op Twitter.

Michael Groenewald, provinsiale leier van die VF Plus, het gesê dat die party gisteraand (17 September) van die plasings kennis geneem het. Hy het benadruk dat die Vryheidsfront Plus geensins geweld teen vroue en kinders goedkeur nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button