NewsNews

Klein piekie-mannetjie op soek na piekie-vroutjie

Klein piekie-mannetjie op soek na piekie-vroutjie

 

VEREENIGING. – ’n Dwergie van Vereeniging glo sy dwergie-droomvrou is iewers daar buite.
Shorty Cooper, wat op 22 September 39 jaar oud word, het hom verlede week na Vaalweekblad gewend om hom te help soek vir ’n lewensmaat. “Ek soek ’n dwergie, ’n piekie-vrou, tussen die ouderdom van 35 en 40, verkieslik in die Veree-niging-omgewing,” verduidelik Shorty. Hy is nou al die afgelope drie jaar enkellopend. Volgens Shorty, wat 1 meter en 42 sentimeter hoog in sy stewels staan, sukkel hy om ’n lewensmaat soos hy te kry. “Mens kry nie sommer kort dwergies nie. Ek weet nie of hier in die Vaaldriehoek dalk mense soos ek is nie,” sê hy.
’n Vriendin van Shorty het gesê dat sy gehoor het daar is dwergies in die Heidelberg-omgewing, maar hy is nie seker nie. Op die vraag of hy ooit met ’n langer meisie sal uitgaan, antwoord Shorty as volg: “As die persoon my aanvaar soos ek is, sal dinge uitwerk.” Hy vertel hoe hy al voorheen met langer meisies op WhatsApp gepraat het, maar dat hulle sommer sy nommer uitgewis het toe hulle uitvind dat hy korter as gewone mense is. Daarom glo hy ‘n korter maat is die antwoord. Shorty vertel hy het al vantevore maats op
‘Soek-’n-Maat’ ontmoet.
“Daar kry mens eintlik net getroude mense,” sê hy. Shorty was nog nooit getroud nie. Hy het ook geen kinders nie. Hy sê hy soek verkieslik nie ’n vrou met ’n ander man se kind nie. Op 39-jarige ouderdom het Shorty al sy pond vleis van liefdes- teleurstellings gehad. “Ek het al voorheen kort meisies gehad, maar dit het nie uitgewerk nie. “Al wat my bietjie afsit is dat as jy nie geld het nie, dan skop die vroumense jou onder jou alie.”

“Ek is op soek na iemand wat opreg is en met wie ek my lewe kan deel,” beklemtoon Shorty. “Ek kan vir | ’n  vroumens sorg. Ek kan haar op die hande dra … as sy na my kyk,” sê hy.

Hy het op die oomblik nie ’n vaste werk nie, maar doen gereeld los werkies vir sakgeld. Shorty se ideale lewensmaat moet selfstandig wees, ’n SASSA-toelaag ontvang of ’n werk hê. Die lewensmaat moet dus nie finansieel van hom afhanklik wees nie en in staat wees om na haarself om te sien. Shorty beskryf homself as ’n liefdevolle mens wat stil en rustig is.
“Ek word nie sommer kwaad nie,” vertel hy. Hy is ook fluks en hardwerkend en help gereeld sy tannie om kos te mak en aartappels te skil.
“Ek hou daarvan om in ’n kombuis uit te help, maar ek kan nie regtig kook nie,” voeg hy vinnig by.
Hy is ook mal oor musiek en gaan gereeld uit om te gaan dans. Sy gunsteling liedjie is Ricus Nel en Snotkop se “Boerepompie”.
Shorty vertel ook dat hy verskeie talente het. Hy het op skool aan talle swemgalas deelgeneem. Hy vertel ook dat hy baie goed met sy hande is en uitstekende masserings kan gee. Wat hy nie van hou nie, is vroue wat maklik jaloers raak.
Sy ideale eerste afspraak is om koffie by ’n Wimpy – verkieslik die een by Riversquare, naby sy huis – te gaan drink, om bietjie te gesels en dan te kyk of hulle dit van daar af verder kan vat. Mense wat belangstel kan vir Shorty ‘n WhatsApp na 072 750 9602 stuur. Geen kansvat-ters.

 

Foto: Christiaan Cloete

 

Related Articles

Back to top button