News

Mangat-gevaar: Insleepdiens en vrywilligers kom tot bees se redding

Parys – ‘n Motoris se noodroep en vrywiligers se hulp het vanmiddag, Sondag 15 September, daartoe gelei dat ‘n bees veilig uit ‘n oop mangat naby die Dome Primary School gehelp kon word. Een van talle oop mangate in die Ngwathe munisipale gebied waarin ‘n voetganger of selfs ‘n kind net so maklik kon geval het. …

Parys – ‘n Motoris se noodroep en vrywiligers se hulp het vanmiddag, Sondag 15 September, daartoe gelei dat ‘n bees veilig uit ‘n oop mangat naby die Dome Primary School gehelp kon word. Een van talle oop mangate in die Ngwathe munisipale gebied waarin ‘n voetganger of selfs ‘n kind net so maklik kon geval het.

Die motoris het in die verbygaan die bees in die gat gesien en dadelik  hulp op die We Care WhatsApp-groepe gevra.

Aanvanklik het die We Care vrywilligers self probeer om die koei uit die gat te trek , maar sonder sukses. Die hulp van Johnny’s Insleepdienste is toe gekry en is ‘n “roll back” en toue gebruik om die koei uit te haal.

So lyk die mangat waarin die koei geval het. 

Uitgeput nadat sy pas deur Johnny’s en vrywilligers uit die gat gehelp is. 

Die koei was uitgeput en het ‘n paar stukkende plekke op haar boude gehad, maar was andersins ongedeerd. Die span het ook seker gemaak dat sy weer kon eet.

Besondere dank aan Johnny’s vir die hulp, asook alle vrywilligers wat kom hand bysit het.

Die gevaar van oop mangate in die dorp is lankal  ‘n ernstige bron van kommer. Kort tevore het Gazette ook berig van ‘n hond wat in Allenbystraat in ‘n oop mangat ingeval het.

Was dit nie vir die DBV wat gesien het toe die hond ingeval het en tot haar redding gekom het nie, kon die verhaal van die hondjie wat blind is in haar een oog, dalk ook anders geeïndig het.

In Parys is daar talle voetgangers wat daagliks stap vir oefening of om by hul bestemmings te kom. Baie van hulle ook bejaardes en kinders. Die oop mangate is ‘n dreigende gevaar veral saans.

Ook We Care kry dikwels te doen met die gevaar van hierdie mangate veral wanneer daar gehelp word om brande te bestry. In digte rook is die gate kwalik sigbaar en skep dit nie net ‘n gevaar vir mense nie, maar ook voertuie wat groot skade kan  opdoen as gevolg hiervan.

Hoewel baie van hierdie deksels met tyd gesteel is, is die vraag steeds wanneer die munisipaliteit hieraan gaan aandag gee.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button