NewsNews

Gesin vra vir inligting rakende pa se tref-en-trap

Gesin vra vir inligting rakende pa se tref-en-trap

Enigiemand met inligting rakende ‘n tref-en-trap wat op 1 September op die N12 snelweg naby die weegbrug plaasgevind het, moet die polisie skakel.

Vernon Leigh (47) is ernstig beseer nadat ‘n vragmotor hom op dié spesifieke aand van sy motorfiets afgestamp het. Die vragmotor het van die toneel af weggery sonder om stil te hou.

Leigh word steeds in Pothcefstroom Hospitaal se intensiewe sorg eenheid behandel.

Enige iemand wat die polisie kan help met enige inligting rondom wie die vragmotorbestuurder was, moet asseblief na vore kom.

Beeldmateriaal van ‘n nabye inwoner wys dit was ‘n kode-14 vragmotor. Dit kon ‘n Volvo wees, maar die polisie is nie heeltemal seker hieroor nie. Nie die nommerplaat of ‘n besigheidsnaam kon op die beeldmateriaal gesien word nie. Die polisie het stukke van die vragmotor se voorlig in die pad opgetel.

Persone met meer inligting kan speurder Ferreira by die Potchefstroom polisie by (018) 299 7457 of Martie Leigh by 072 196 5118 skakel.

Related Articles

Back to top button