NewsNews

Wanneer ‘n dorp se mense omgee….

Wanneer 'n dorp se mense omgee....

Drie bakkievragte vol vullis. Dit is wat Saterdagoggend weggery is nadat vier inwoners douvoordag ingespring het om die rivieroewer by die laagwaterbrug by die ingang na die Parys Golf & Country Estate skoon te maak.
Henri du Toit, David Lessing sr. en jr. en Danie Venter, woon nie op die gholflandgoed nie. Hulle bly in Oranje- en Venusstrate, maar vra jy hulle waarom hulle ander se gemors optel, is die antwoord eenvoudig – wie wil in ‘n vuil omgewing vaskyk?


Later het Mandy Mundell en Eksteen Uys ook kom hand bysit en het Mystique Waters aangebied om personeel beskikbaar te stel om die moeilik begaanbare dele skoon te kry. Maar hulle is nie die enigste inwoners wat voel dat as elkeen net sy deel doen, kan die dorp skoner wees nie. Inwoners in die omgewing van die hangbrug, Vaal Action Group lede en ander individue spring gereeld in om skoon te maak, juis omdat die munisipaliteit skandelik daarin faal om die dorp se parke en sypaadjies skoon te hou.
‘n Voorbeeld van wat gedoen kan word wanneer mense trots is op wat die dorp sy inwoners en besoekers kan bied.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button