NewsNews

NG Wes sê dankie aan We Care en Landelike Veiligheid

’n Groot dankie aan elkeen wat by dié organisasies betrokke is vir die onbaatsugtige diens.

Die NG-gemeente Parys-Wes het onlangs wynveiling gehou en is daar besluit om ‘n gedeelte van die opbrengs aan We Care en Landelike Veiligheid te skenk vanweë hul betrokkenheid en hulp aan die gemeenskap.
Dink maar net aan die gereelde kommunikasie waar dit kom by krag- en wateronderbrekings, hulp by brande, voorkoming van misdaad, verlore diere en baie meer, om te weet hoeveel hierdie organisasies in die gemeenskap doen en beteken.
’n Groot dankie aan elkeen wat by dié organisasies betrokke is vir die onbaatsugtige diens.

 

Related Articles

Back to top button