Local newsNewsNewsBreaking News

[Video en foto’s] Amy’Leigh ontvoerders bly sit tot 19 September

VANDERBIJLPARK. - In 'n klein koelkamer onder 'n watertenk is die klein Amy'Leigh de Jager (6) deur haar ontvoerders op 'n kleinhoewe aangehou en nou is die prentjie omgeruil met die ontvoerders wat aangehou word.

VANDERBIJLPARK. – Klein Amyā€™Leigh de Jager (6) is verlede Maandag na haar ontvoering op die Rosashof-kleinhoewes net buite die dorp deur haar ontvoerders aangehou. Nou is die bordjies verhang en word haar ontvoerders aangehou.

Amyā€™Leigh se ontvoeringsdrama het die hele land aangegryp. Om sake te vererger, is een van die ontvoerders welbekend aan die gesin en ā€˜n onderwyseres by die LS Kollegepark. Sy is intussen geskors.
Amyā€™Leigh is voor die skoolhek uit haar ma se arms gegryp en ontvoer.
Tharina Human (27) wat glo die meesterbrein agter die ontvoering was, asook Laetitia Nel (40) en Pieter van Zyl (50) is reeds verlede week in hegtenis geneem en het Maandagoggend, 9 September in ā€™n volgepakte landdroshof in die dorp verskyn.
Die hofgange het gewemel van mense en media wat die hofsaak wou bywoon. Die hof self was stampvol en stoele moes ingedra word.

Die Media is net voor 12:00 toegelaat en die eerste gedeelte van die saak het gehandel oor die media se toelating in die hof waarna die drie beskuldigdes vanaf die selle onder die hof ingebring is.

Jaco van Heerden verskyn namens de Jager en Stoffel Venter namens Nel. Van Zyl word deur Lungelo Chirwa teenwoordig terwyl Luanda Nqcobo namens die staat optree.

LEES MEER IN VAALWEEKBLADĀ VANDAG WOENSDAG 11 SEPTEMBER!!!

VIDEO: JANNIE DU PLESSIS – VAALWEEKBLAD

FOTO GALLERY: JANNIE DU PLESSIS & CHRISTIAAN CLOETE

Related Articles

Back to top button