NewsNews

Beurtwater dié inwoners se voorland van vandag af

Belangrike kennisgewing

Die Ngwathe munisipaliteit het vandag, Dinsdag 10 September begin met ‘n sogenaamde waterbalansering/water deel oefening.
Dit raak alle inwoners wat water van opgaardam nr. 3 ontvang (Parys, Schonkenville en Sisulu).
Die munisipale woordvoerder, mnr. Steve Naale, sê watervlakke in die opgaardam het sedert Vrydag 6 September drasties begin daal en kon net 20% van die gepompte water die opgaardam bereik as gevolg van voorsiening na die Beaumont en Vaal Parys gebiede wat gekoppel is aan die hooflyn na die opgaardam.
Naale sê die Schonkenville en Sisulu gebiede het teen vandag reeds vir vyf dae nie water gehad nie as gevolg van die lae damvlakke.
Hy sê dit is die rede waarom besluit is om watertoevoer vir drie dae vanaf Dinsdag tot Donderdag na sekere gedeeltes van die dorp af te sit tussen 21:00 en 04:00 daagliks, sodat alle gedeeltes van die dorp water kan kry.
Hy sê ook dat die munisipaliteit professionele diensverskaffers soos Rand Water en African Engineers se hulp ingekry het om oplossings te probeer vind vir die uitdagings ten opsigte van watervoorsiening in die dorp. Hy sê mense wat navrae het kan die Bestuurder: Water en Sanitasie vir Ngwathe, mnr. Phele by 083 271 5507 skakel.

Related Articles

Back to top button