NewsNews

Vrou aangeval terwyl haar man patrolliediens doen

’n 41-jarige vrou wat Saterdag, 24 Augustus op haar en haar man se Harpington-kleinhoewe aangeval is, is nog te getraumatiseerd om self oor die voorval te praat.

’n 41-jarige vrou wat Saterdag, 24 Augustus op haar en haar man se Harpington-kleinhoewe aangeval is, is nog te getraumatiseerd om self oor die voorval te praat.

Volgens Ilein Peterson se man, Nick het hulle die aand buite gebraai en geëet.  Hy het om 20:55 by die Mooibank patrolliediens aangesluit om die area te patrolleer.

Toe hy vertrek, het sy vrou gou buite opgeruim en hulle vier Yorkies en een Husky uitgeneem om ‘n draai te loop.

Twee mans het by hul agterdeur probeer inbreek en hul vyf honde het dadelik gaan ondersoek instel. Ilein was alleen en nog buite sonder die honde toe ‘n derde man haar met ‘n mes aanval.

Sy het eers aan hom gesê dat hulle enigiets in die huis kan vat, maar hy wou nie gehoor gee nie. Sy het snywonde aan haar arms, bors en hande opgedoen soos wat sy probeer keer het.  Hy het haar probeer verkrag, maar sy het teruggeveg en hom geskop.

Sy het losgekom, in die huis in gehardloop en die alarm geaktiveer. Daarna het al drie mans gevlug. Ilein het binne die huis weggekruip nadat sy haar man gebel het. Hulle patrollie was naby die huis en hy was teen 21:20 weer by sy vrou.

Volgens Nick was die polisie en ambulans vinnig op die toneel en is Ilein in die hospitaal opgeneem om haar wonde te behandel.

“Ons het sover niks terugvoering van die polisie gekry nie en ons voel baie onveilig,” sê Nick.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Ilein en Nick wil almal bedank wat hulle in die moeilike tyd bygestaan het.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button