NewsNews

Juffrou en twee beskuldigdes Maandag in die hof

Juffrou en twee beskuldigdes Maandag in die hof

VANDERBIJLPARK. – ‘n Sewe en twintigjarige onderwyseres  en vriendin van die ontvoerde Amy-Leigh (6) de Jager se ma, Angeline, sal saam met  twee ander beskuldigdes Maandag 9 September in die hof in Vanderbijlpark verskyn.

Die name, wat bekend is aan Gazette, word weerhou tot die drie beskuldigdes in die hof verskyn het. Intussen het die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi bevestig dat die juffrou wat ook vir Amy-Leigh se boetie skoolgehou het, Donderdag amptelik van haar pos as onderwyseres by die Laerskool Kollegepark geskors is.

Aldrie beskuldigdes is steeds in aanhouding.

Op sosiale media het ‘n klankgreep intussen versprei waarin die juffrou se stiefpa aan ‘n vriend ‘n boodskap stuur waarin hy sê dat sy dogter die meesterbrein agter die ontvoering is.

Juanita Louw, waarnemende hoof by Laerskool Kollegepark het aan die media gesê dat na die voorval het hulle die sekuriteit by die skool opgeskerp. CCTV kameras word eersdaags by verskeie skole op die dorp geïnstalleer.

Daar was sprake dat ‘n vierde verdagte in hegtenis geneem is wat nog nie bevestig kon word nie. Die polisie het wel bekend gemaak dat daar meer arrestasies verwag kan word en dat daar steed gepoog word om al die skuldiges op te spoor.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button