NewsNews

Vrede na onrus: Coligny-dominee vertel

Vrede na onrus: Coligny-dominee vertel

Die dorp Coligny in die Noordwes-provinsie het in 2017 deur diep trauma gegaan toe dele van die dorp tydens onrus en oproer byna totaal vernietig is nadat mense die dorp ingevaar, klippe gegooi, huise en winkels geplunder en afgebrand het.
Die vraag is toe gevra: “Wat gaan die kerk doen om die situasie te beredder?” Te midde van dié vraag het ds. Tewie Pieters van die Coligny-Oos gemeente betrokke geraak by die proses om die orde te herstel en die gemeenskap weer te heel.
Ds. Pieters gesels Sondag 8 September om 09:00 by die NG-gemeente Parys-Wes waar hy die diens sal lei, en sal praat oor hoe hulle daarin geslaag het om vrede in Coligny te herstel. Alle belangstellendes is welkom om die diens by te woon.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button