News

Onderwyser vas vir ontvoering op klein Amy-Leigh

‘n Onderwyser by Kollegepark Laerskool in Vanderbijlpark is na bewering een van drie verdagtes wat gisteraand (4 September) in verband met die ontvoering van Amy-Leigh de Jager (6) in hegtenis geneem is. Die drie verdagtes, ouderdomme 27, 40 en 50, is gisteraand kort voor middernag by ‘n kleinhoewe in Rosahof buite Vanderbijlpark, in hegtenis geneem. Amy-Leigh is …

‘n Onderwyser by Kollegepark Laerskool in Vanderbijlpark is na bewering een van drie verdagtes wat gisteraand (4 September) in verband met die ontvoering van Amy-Leigh de Jager (6) in hegtenis geneem is.

Die drie verdagtes, ouderdomme 27, 40 en 50, is gisteraand kort voor middernag by ‘n kleinhoewe in Rosahof buite Vanderbijlpark, in hegtenis geneem.

Amy-Leigh is net na 07:15 Maandagoggend (2 September) buite die skool uit haar ma se hande gegryp en in ‘n Toyota Fortuner ontvoer.

Sy is vroeg die volgende oggend deur twee mense langs die pad buite die Shakespeare Inn in Faraday-boulevard gevind.

Die polisie is op soek na minstens nog een verdagte.

Die drie wat reeds in hegtenis geneem is, verskyn Maandag in die hof in Vanderbijlpark.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button